Hormoon

Verskillende soorte hormone word in die liggaam afgeskei, met verskillende biologiese rolle en funksies. (klik om leesbaar te vergroot)

’n Hormoon is ’n chemiese prikkelstof wat deur bepaalde kliere in veelsellige organismes afgeskei word. Dit word deur die bloedvatstelsel na verafgeleë organe gestuur om fisiologie en gedrag te beheer. Dit is in teenstelling met senuoordraers, waarvan die invloed meestal by sinapse uitgeoefen word.

Hormone het uiteenlopende chemiese strukture, van hoofsaaklik drie klasse: eikosanoïede, steroïede en aminosure/proteïene-derivate (amiene, peptiede en proteïene). Die kliere wat hormone afskei, kom hoofsaaklik in die endokriene stelsel voor.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne